Souserige varktjops
Posted On July 26, 2024
0
59 Views
Varkvleis is ʼn goedkoop en maklik-bekombare proteïen wat nie altyd die erkenning kry wat dit verdien nie. Hier is ʼn heerlike, warm resep deur Cafe Delites vir daardie koue wintersaande.
Bestanddele
Tjops:
- Ongeveer 500g varktjops, 2cm dik gesny
- 1 eetlepel uiepoeier
- 1 eetlepel knoffelpoeier
- 1 teelepel rooipeper (cayenne)
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel varsgemaalde swartpeper
- 2 teelepels olyfolie
- ½ koppie koekmeel
- 2 eetlepels olyfolie
- 1 eetlepel botter/margarine
Sous:
- 1 eetlepel botter/margarine
- 1 groot ui, dun gesny
- Knippie sout
- 4 knoffelhuisies, fyn
- 1 teelepel vars tiemie, gekap
- ½ koppie hoenderaftreksel, verdeel
- ¾ koppie room
- 1 teelepel platblaar-pietersielie, gekap vir garnering
Aanwysings
Tjops:
- Druk die tjops droog met papierhandoek. Geur met knoffelpoeier, uiepoeier, rooipeper, sout, peper en olyfolie.
- Doop in meel, skud die ergste af en HOU DIE OORBLYWENDE MEEL.
- Verhit 2 eetlepels olyfolie en 2 eetlepels botter in ʼn pan oor medium hitte. Wanneer dit warm is, braai die tjops aan elke kant tot bruin, ongeveer 3-4 minute aan ʼn kant.
- Haal uit pan en hou warm.
Sous:
- In dieselfde pan, verhit 1 eetlepel botter oor medium hitte.
- Braai die uie en ʼn knippie sout. Roer elke nou en dan, braai tot sag en gekarameliseer, sowat 10 minute. (As die pan te droog raak, voeg een eetlepel van die hoenderaftreksel by.)
- Voeg die knoffel en tiemie by; braai tot geurig, ongeveer 30 sekondes.
- Voeg 2 eetlepels van die oorblywende meel in die pan. Meng die meel in die uie en braai om op te los, sowat 2 minute.
- Voeg die hoenderaftreksel by en skraap die bruin deeltjies van die onderkant van die pan af. Laat die vloeistof reduseer en effens dikker word, sowat 2 minute.
- Klits die room by en laat prut vir 1-2 minute tot dik en romerig.
- Plaas die tjops terug in die pan en laat prut tot die vleis deurgaar is, sowat 5 minute. (Die sous sal aanhou dikker word as gevolg van die kors rondom die tjops. Voeg ʼn bietjie room of aftreksel by as dit te dik na jou sin word.)
- Proe en geur met sout en peper indien nodig. Garneer met pietersielie. Bedien warm.
*Bron: cafedelites.com