GWK Welvaart: Is jou versekering in orde?
Prysoorloë vorm verbruikersgedrag. Hoewel baie versekeringsprodukte soortgelyke voordele bied, moet daar
deurlopend seker gemaak word jou eie risiko in jou besigheid is aangespreek. Die landbousektor beleef steeds
moeilike tye en die algemene versoeking tydens ʼn premieverhoging is om dekking in te boet vir ʼn meer bekostigbare
premie. Dit bly nodig om risiko-verminderde praktyke deel van jou besigheid te maak. Hierdie is veral krities indien
daar ʼn eis ontstaan en jy nie tevrede is met die eisbedrag nie.
- Goedkoper premies het gewoonlik groter bybetalings – maak seker jy weet wat uit jou eie sak betaal gaan
word tydens ʼn eis. - Versekering is ʼn gereguleerde omgewing en die polishouer moet aan die land se wetgewing en munisipale
regulasies voldoen. Dit sluit die Nasionale Padverkeerswet, die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid,
Brandwet, Arbeidswetgewing en ander in. Enige nie-nakoming van dié wetgewing of regulasies kan lei tot die
weiering van ʼn eis. - Stel ʼn inventaris op van die inhoud van jou huis, buitegeboue en store, gebaseer op die huidige
vervangingswaarde om te verseker dat jy nie onder- of oorverseker is nie. Awery word toegepas op onderversekerde items; dit lei daartoe dat jy nie ten volle vergoed sal word indien daar ʼn eis sou ontstaan nie. - Subrogasie: Slegs die versekeraar kan ʼn eis hanteer of regsaksie instel ná ʼn gebeurtenis soos ʼn ongeluk. Jy
mag geensins skuld erken of met die teenparty of die teenparty se versekeraar onderhandel nie. Indien
hierdie voorwaarde nie nagekom word nie, kan dit jou eis beïnvloed. - Die kliënt is verplig om sy/haar huis, buitegeboue, geboude omheinings en mure in stand te hou. Dit sluit in
die snoei van bome, die seël van dakke en die gereelde skoonmaak van alle geute. Die versekeraar sal nie vir
herstelwerk betaal wat as gewone instandhouding beskou word nie. - Die kliënt moet kennis dra van stygende staalpryse wat ʼn invloed op die waardes van toerusting (veral
spilpunte) kan hê, om te voorkom dat awery tydens die eisstadium plaasvind. - Kliënte moet seker maak dat voertuie teen die korrekte herverkoopwaarde verseker is. Alle
bykomstighede/verbeteringe (allooiwiele, bosbrekers, sleepstange, ensovoorts) moet apart verklaar word,
en die waarde daarvan moet in berekening gebring word. - Polisbewoording is die fynskrif van jou versekeringspolis. Kliënte moet deeglik kennis neem van dié inhoud
om seker te wees dat hulle wel die regte dekking geniet.
Ons nooi graag elke GWK-kliënt uit om die bekwame GWK Welvaart-adviseurs te kontak vir persoonlike kwotasies en pasgemaakte pakkette en oplossings vir jou besigheid.
Kontak gerus GWK Welvaart se bestuurder, Karen Kruger, by 053 298 8213, 072 7852 470, of [email protected].