Lemken Solitaire DT-planter staan reg vir werk
By enige saaiboerdery speel jou toerusting, en veral jou planter, se effektiwiteit ʼn groot rol in jou besigheid se
winsgewendheid en vooruitgang. Lemken is al vir jare ʼn getroue GWK-verskaffer en hul hoë gehalte planters doen
diens dwarsoor die GWK-bedieningsgebied.
Die nuwe Lemken Solitaire DT-planter is onlangs in die Luckhoff-distrik op Deon Joubert se plaas, Attiesdam, in aksie gesien. Blackie Swart (Lemken-areabestuurder) het meer vertel van die indrukwekkende nuwe planter. “Die Solitaire DT vervang ons vorige Compact Solitaire wat ook kunsmis kon toedien. Die Compact was heelwat swaarder,
moeiliker om te kalibreer en selfs moeiliker om te hervul. Die nuwe Solitaire DT is ʼn groot opgradering teenoor sy
voorganger en ons sien uit om hom verder in aksie te sien.”
Die Solitaire DT-planter in syfers
- 5 100L hopper-kapasiteit (verdeel in ʼn 60% kunsmis en 40% saad)
- 6 meter wye planter
- Spasiëring is 12,5cm of 16,7cm
- Spoed waarteen jy kan plant, is ongeveer 11km/u
- Ongeveer 50 hektaar daagliks plant
Nóg een van die planter se voordele is sy maklike toeganklikheid vir onderhoud en instandhouding. Swart vertel dat
produsente vinnig en met die minimum gereedskap self aan die implement kan werk. “Die planter is eenvoudig
ontwerp sodat die produsent byvoorbeeld self ʼn klippie vanuit die plantermeganisme kan verwyder. Só ook kan die
uitmeetmeganisme slegs met een klein tang oopgemaak word.”
Lemken is volgens Swart bekend vir hulle uitstekende naverkoopdiens en dit is een van redes waarom GWKprodusente hierdie Duitse produkte verkies. “Die proses vir produsente om ʼn fout te rapporteer, is om eers met jou GWK-tegnikus te gesels, wat blitsvinnig die probleem sal identifiseer. Indien dit wel ʼn ernstige probleem is, sal
Lemken se tegnikus na die betrokke produsent reis vir verdere ondersoek. Onderdele word ook deur die naaste GWK
aangehou en indien GWK nie voorraad dra nie, en Lemken het wel, word dit binne 48 uur afgelewer.”
Dup Joubert is die operasionele bestuurder op Attiesdam en is in sy skik met die verrigting van die Lemken Solitaire
DT. “As ek die Lemken vergelyk met ander konvensionele planters, doen hy beter hier by ons waar die kleigrond
dinge bemoeilik,” sê Joubert. “Dit gebeur dikwels dat ons sukkel om die saad mooi in die spoor in die grond te kry, en die planter se skottelaksie verwyder daardie probleem. Die planter kompakteer ook die grond goed en elke
saadkarretjie plaas eweredig sy put in die grond.”
Joubert beklemtoon die Lemken se verbruikersvriendelikheid. “Hierdie implement werk beter, is makliker om te
verstaan en dit is eenvoudig om vir enige operateur touwys te raak. Lemken het homself oor die jare bewys dat hul
ontwerpe goed, en implemente duursaam is. Daar is ʼn rede hoekom hulle as die top of the range beskou word.”
GWK Meganisasie se Christopher Reid (AMS-konsultant) vertel meer oor die tegnologie wat GWK Meganisasie by die planter installeer het. “Die planter is toegerus met ʼn StarFire RTK 3000 ontvanger wat ons gebruik om Implement Guidance op die implement toe te pas. Die voordeel van Implement Guidance is dat die trekker homself van sy spoor af stuur om te verseker dat die planter op sy korrekte lyn bly. Implement Guidance is ʼn pakket wat die produsent op sy John Deere aktiveer, en dit sluit Section Control, AutoTrac Turn Automation, Data Sync en natuurlik Implement Guidance in.”
In 2023 is dit belangrik om tegnologie in jou boerdery te omhels en die Lemken Solitaire DT spog ook met sy eie
toepassing. “Lemken se iQblue app gebruik jy op jou selfoon om die planter vanuit die gemak van jou eie kantoor te
monitor. Planter-kalibrerings kan ook vanaf iQblue gedoen word, wat die hele proses bespoedig en vergemaklik.”
Met die gebruik van die betroubare JD Link-stelsel kan produsente met ʼn geruste hart voortgaan met hul dag se take
op die plaas. “Met JD Link se Operation Centre het produsente en landboukundiges die voordeel om vanaf ʼn sentrale
punt, met behulp van verskeie kaarte, ʼn ingeligte besluit rondom plant en stroop te neem. JD Link stel ons in staat
om deurlopend data vanaf die planter en die trekker direk na die GWK-werkswinkel te stuur. Elke foutkode word
outomaties uitgestuur en volgens hierdie data sal ʼn tegnikus dan na elke produsent se behoeftes omsien.”
Doen gerus navraag by jou naaste GWK Meganisasie-tak oor enige John Deere- of Lemken-produk.
- Hendri Lambrecht: 082 860 0250
- Koos Maritz: 071 421 2758 (Prieska)
- Ronald Cawood: 066 272 6772 (Hopetown)
- Andre (Vos) Botha: 071 680 2796 (Douglas)
- Barnaby Brinkworth: 066 096 9964 (Upington)
- Tinus Oosthuizen: 082 804 0430 (Luckhoff)
- Willie Serfontein: 084 588 2016 (Barkly-Wes, Kimberley en Modderrivier)